Ligging:
Die Wag-'n-bietjie staproete is geleë langs die Vaalrivier, 40 km vanaf Bothaville en 45 km vanaf Klerksdorp.

 

Akkommodasie:
Die basiskamp is sowat 300m vanaf die rivier. Dit beskik oor elektrisiteit en kan 38 stappers huisves (slaap-'n-bietjie – 2 kamers akkomodeer 12 pax elk/ Gastehuis – 4 kamers en kan 18 akkomodeer). Die basiskamp het matrasse, yskas, kookplaat, potte en pan met elektriese ketel. Braai fasiliteite, warm storte en spoeltoilette. Vir 'n bietjie meer gemak, kan u oomag in die snork-'n-bietjie toegerus met beddegoed.

 

Roete Beskrywing:
Hierdie is 'n figguur 8 roete. Dag 1 is sowat 10 km en dag 2 is 2.5 km. Die roete volg deur oop velde met die rivier in sig. Die groter gedeelte van die roete bestaan uit inheemse bosse soos die Blinkblaar-wag-'n-bietjie, Taaibos, Rosyntjiebos, Jakkalsbessie en meer. Meestal volg die roete allangs die rivieroewer met 'n woud effek. Hier kom ook 'n verskeidenheid van voëls voor soos die Visarend, Korhaan en meer.